Skoonheid, goedvoel, velversorging, mooi lyk – die is als my passie.  Vir elkeen van ons is daar ‘n tydjie wat ons voel ons wil aan onself spandeer.  Al is dit ook nou net om die dag se werk en spanning agter te laat, of sommer net weer onself te vind.

Kry ‘n koppie koffie en ‘n vertroostende eetdinge want hierdie gaan ‘n informele saamkuier tussen vrouens wees.  Lig en gemaklik.  Enige vrae, enige opmerkings en enige raad is meer as welkom.

Sh’zen produkte is Suid-Afrikaanse vervaardig en weet dus wat jy benodig in ons klimaat.  Al ons produkte word vervaardig van essensiele olies en plantaardige produkte en dus word dit diep geabsorbeer vir die beste effek.  Geen van ons produkte word op diere getoets nie, en is daar ook nie preserveer middels in nie.

Welkom hier by my